Tetzaveh (U Sal Beveel) Eksodus / Shemot 27:20-30:10 1 Samuel / Sh'muel Aleph 15:2-34 Hebreërs / Ivrim 13:10-16 Wat Beteken “vir ewig”? Eksodus / Shemot {27:20} "En jy moet die kinders van Israel beveel dat hulle vir jou suiwer, uitgestampte olyfolie vir die kandelaar bring, om gedurigdeur ‘n brandende lamp te hê. {27:21} In die tent van samekoms, buitekant die voorhangsel wat voor die Getuienis is, moet Aäron en sy seuns dit regmaak om te brand van die aand tot die môre voor die aangesig van die HERE. Dit sal ‘n ewige insetting wees in hulle geslagte, van die kant van die kinders van Israel” Wanneer God vir die kinders van Israel sê dat iets vir ewig 'n insetting (statuut) is, wat beteken dit? Word dit bedoel: vir ewig, totdat hulle dit nie langer kan doen nie, óf vir ewig, totdat hulle deur hulle vyande verslaan is, óf vir ewig totdat hulle uit die land Israel verdryf en onder die nasies in die buiteland verstrooi word, óf beteken vir ewig, werklik vir ewig? Wat bedoel God met 'n "...ewige insetting..." en hoe lank duur vir ewig? Wat ons ook in die Skrifgedeelte van hierdie week se oordenking lees dat die Menorah (Lamp) gedurig (vir ewig!) brandend gehou moet word, is niks vreemds aangaande die Menorah nie. Dwarsdeur die Skrif beveel God ons om dinge vir ewig te doen. So byvoorbeeld, moes die verskillende sondoffers van die tabernakel ook 'n ewige instelling wees. Levitikus / Vayikra {7:36} “wat die HERE beveel het om hulle te gee van die kant van die kinders van Israel, op die dag toe Hy hulle gesalf het. Dit is ‘n ewige insetting vir hulle geslagte. {7:37} Dit is die wet vir die brandoffer, die spysoffer en die sondoffer en die skuldoffer en die wydingsoffer en die dankoffer” Die moontlike vernaamste "vir ewig", verskyn in die volgende Skrifgedeelte: Jesaja / Yeshayahu {9:7} “tot vermeerdering van die heerskappy en tot vrede sonder einde, op die troon van Dawid en oor sy koninkryk, om dit te bevestig en dit te versterk deur reg en deur geregtigheid, van nou af tot in ewigheid. Die ywer van die HERE van die leërskare sal dit doen.“ Na aanleiding van die bovermelde twee Skrifaanhalings, weet ons dat die Levitiese offerstelsel nie meer beoefen word nie, aangesien daar geen tempel in Jerusalem is nie. Ons weet ook dat daar tans geen koning op die troon van Dawid is nie. Bedoel God dus dat 'vir ewig' beteken totdat ons dit nie langer

kan doen nie? Ek glo dat "vir ewig" vir God letterlik vir ewig beteken. Julle bevraagteken dit moontlik wanneer julle sê""Indien diere nie langer geoffer word en die troon van Dawid nie meer bestaan nie? Wel, diegene van ons wat Jesus die Messias, die Seun van Dawid, erken as ons Here en Redder, glo dat Hy inderdaad op Sy Hemeltroon sit vanwaar Hy oor die hele aarde heers. Psalm / Mizmor {103:17}” Maar die goedertierenheid van die HERE is van ewigheid tot ewigheid oor die wat Hom vrees, en sy geregtigheid vir kindskinders, {103:18} vir die wat sy verbond hou en aan sy bevele dink om dié te doen. {103:19} Die HERE het sy troon in die hemel gevestig, en sy koninkryk heers oor alles.” Wat die troon van Dawid dus betref, wéét ons daar is steeds 'n Seun van Dawid daarop en dat Hy vir ewig daarop sal sit, netsoos God gesê het. Wat dan van die Menorah, die Lamp wat voortdurend aangesteek moes word, wat sekerlik al bykans 2 millenia gelede reeds gedoof is, en natuurlik toe tempelofferandes wat nie langer gebring word nie? Aangaande die lamp, het Jesus ons vertel: Johannes / Yochanan (John) {8:12} “En Jesus het weer met hulle gespreek en gesê: Ek is die lig van die wêreld; wie My volg, sal sekerlik nie in die duisternis wandel nie, maar sal die lig van die lewe hê.” Die lig van die Menorah, wat voortdurend ("vir ewig") moes brand, was 'n voorbeeld van Jesus, die Lig van die Woord. Sy lig skyn deur ons in 'n donker wêreld en sal vir ewig aanhou skyn deur hulle wat na Sy naam genoem word. Laastens, is daar die tempelofferandes. Soos ons weet, aangesien die tempel nie langer bestaan nie, kan daar geen offerandes aan die Here wees nie. Beteken dit dus dat die Levitiese priesterstelsel van offerandes ook nie vir ewig is nie? My antwoord daarop is ja en nee. Ja, die tempel bestaan nie meer nie en gevolglik is die Levitiese priesterstelsel van offerandes nie vir ewig nie, maar nie omdat die Tabernakel in die Hemel nie bestaan en so ook die priesterdom wat daarin diens verrig nie. Ons weet dat die Tabernakel, wat Moses moes maak om saam met die kinders van Israel deur die Wildernis te gaan, slegs 'n afbeelding was van die een wat aan hom getoon is en in die Hemel bestaan toe hy op die berg Sinaï in die teenwoordigheid van God verkeer het. Bladsy 2 van 3

Eksodus / Shemot {25:40} " En kyk dat jy dit maak volgens die voorbeeld daarvan wat jou op die berg getoon is.” Asook: 2 Korinthiërs / Korintim Bet {5:1}” Want ons weet dat as ons aardse tentwoning afgebreek word, ons ‘n gebou het van God, ‘n huis nie met hande gemaak nie, ewig, in die hemele.“ Saam met hierdie Tabernakel het ons offerande, Jesus die Messias. Dié Tabernakel is die een waarheen Jesus opgevaar het om ewige versoening vir ons met Sy bloed te bewerkstellig. Herbreërs / Ivrim {9:11}” Maar Christus, wat opgetree het as Hoëpriester van die toekomstige weldade, het deur die groter en volmaakter tabernakel wat nie met hande gemaak is nie, dit wil sê, wat nie aan hierdie skepping behoort nie, (9:12) ook nie met die bloed van bokke en kalwers nie, maar met sy eie bloed, een maal ingegaan in die heiligdom en ‘n ewige verlossing teweeggebring.” Wat die Priesterdom betref, ons het 'n priester: Psalm / Mizmor {110:4} “Die HERE het gesweer, en dit sal Hom nie berou nie: U is priester vir ewig volgens die orde van Melgisédek.” Hebreérs / Ivrim {8:1} Die hoofsaak nou van wat ons gesê het, is dít: Ons het so ‘n Hoëpriester wat gaan sit het aan die regterhand van die troon van die Majesteit in die hemele,” Wie is hierdie priester volgens Melgisédek? Hebreérs / Ivrim {6:20}”waar Jesus as voorloper vir ons ingegaan het, Hy wat volgens die orde van Melgisédek ‘n hoëpriester geword het vir ewig.” Ter afsluiting, kan ons sien dat daar "vir ewig" 'n Tabernakel in die hemel bestaan, met 'n Menorah "vir ewig", in die gedaante van Jesus die Messias, wat "vir ewig" ons Hoëpriester is, wat "vir ewig" ons Offerande is en wat "vir ewig" ons Koning is, wat "vir ewig" op die troon van Dawid sit. Dit is dus van selfsprekend dat God se "vir ewig" inderdaad vir ewig beteken!!! Kom gou Jesus! Voorheen uitgegee: 2009-03-07

Bladsy 3 van 3

2016-02-20 Tetzaveh Afrikaans.pdf

There was a problem previewing this document. Retrying... Download. Connect more apps... Try one of the apps below to open or edit this item. 2016-02-20 ...

122KB Sizes 6 Downloads 142 Views

Recommend Documents

2017-03-11 Tetzaveh Afrikaans.pdf
Moed) geplaas word? Waarom kon dit nie daaragter of by enigeen van die kante geplaas word nie? Soos uit hiedie parasha blyk, was daar ingewikkelde voorskrifte met betrekking tot die. naderkomsofferande (korbanot), wat nagekom moes word alvorens Aaron