Direktoraat: Kurrikulum VOO

TELEMATIESE ONDERRIG 2016

REKENINGKUNDE Graad 11

2 Rekeningkunde

Telematiese onderrig: Graad 11 - 2016

Liewe Graad 11 Rekeningkundeleerder

Welkom tot hierdie Telematiese projek. Hierdie program sal jou hersienings- en studieprogram ondersteun in jou voorbereiding vir die finale Graad 11 Rekeningkunde-eksamen. Hierdie program bied jou ‘n geleentheid om dit wat jy in die klas geleer het, vas te lê. Die aanbieders sal nie aan alle dele van die kurrikulum kan konsentreer nie maar sal fokus op daardie dele wat leerders probleme mee ondervind. Hierdie boekie sluit vrae oor die meeste van die onderwerpe in. Jy moet probeer om deur die vrae in hierdie boekie te werk.

Wenke vir sukses in Rekeningkunde Om te slaag in Rekeningkunde moet jy op die volgende let:  Begin werk vanaf die eerste dag  Let noukeurig op in die klas om te verseker dat jy die werk verstaan  Voltooi Rekeningkunde huiswerk/oefeninge daagliks OEFEN…OEFEN…OEFEN  Werk netjies en akkuraat  Toon berekeninge in hakies  Lees instruksies by vrae/aktiwiteite versigtig en maak seker jy verstaan wat gevra word  Wees nougeset in die voltooiing van take,assesseringsaktiwiteite en toetse asof jy vir die finale eksamen voorberei  Maak gebruik van vorige eksamenvraestelle en toetse vir hersiening  Verfyn jou eksamentegniek: wanneer jy hersien, kies vrae wat jou in jou swakker areas sal verryk. Gebruik die tydstoekennings in die vraag om te bepaal of jy die vraag in die beskikbare tyd kan voltooi. Voorspoed met voorbereiding vir jou Graad-11 eindeksamen in Rekeningkunde.

Dr GR Schreuder Senior Kurrikulumbeplanner: Rekeningkunde

Accounting

Telematics: Grade 11 2016 3

TELEMATIESE ONDERRIG REKENINGKUNDE ROOSTER – GRAAD 11 Date/Datum

Time/Tyd

Topic/Onderwerp

By the end of this lesson you should know: Teen die einde van hierdie les behoort jy die volgende te ken:

Thursday 13 October

Accounting

16:00 – 17:00

Examination preparation (Session 1)

The most important aspects related to the following topics:  Reconciliations  Fixed Assets  Partnerships

Dinsdag 18 Oktober

Rekeningkunde

16:00 – 17:00

Eksamen voorbereiding (Sessie 1)

Die mees belangrikste aspekte met betrekking tot die volgende onderwerpe:  Rekonsiliasies  Vaste Bates  Vennootskappe

Thursday 3 November

Accounting

16:00 – 17:00

Examination preparation (Session 2)

The most important aspects related to the following topics:  Non-profit organisations  Manufacturing  Budgets  Inventory systems

Dinsdag 8 November

Rekeningkunde

16:00 – 17:00

Eksamen voorbereiding (Sessie 2)

Die mees belangrikste aspekte met betrekking tot die volgende onderwerpe:  Nie-winsgewende organisasies  Vervaardiging  Begrotings  Voorraadstelsels

Rekeningkunde

Telematiese onderrig: Graad 11 2016 4

I.

REKONSILIASIES

Bank Rekonsiliasie  Waarom stel ons ‘n Bankversoeningstaat op?  Weet hoe om ‘n Bankversoeningstaat op te stel  Weet hoe om die volgende te hanteer Uitstaande depositos

Teken op in Bankversoeningstaat

Tjeks nog nie vir betaling aangebied nie

Teken op in Bankversoeningstaat

Debietorders

Teken op in Kontantbetalingsjoernaal OF trek van Banksaldo af

Direkte depositos

Teken op in Kontantontvangstejoernaal OF tel by Banksaldo

Bankkoste

Teken op in Kontantbetalingsjoernaal OF trek van Banksaldo af

Rente gehef

Teken op in Kontantbetalingsjoernaal OF trek van Banksaldo af

Rente ontvang

Teken op in Kontantontvangstejoernaal OF tel by Banksaldo

Regstelling van foute / weglatings

Fout in Kontantjoernaal: stel reg in KOJ OF KBJ Fout op Bankstaat: stel reg op Bankversoeningstaat

Geweierde tjeks

Teken op in Kontantbetalingsjoernaal OF trek van Banksaldo af

Verouderde tjeks

Teken op in Kontantontvangstejoernaal OF tel by Banksaldo

Vooruitgedateerde tjeks ontvang

Sal slegs op datum soos op die tjek gedeponeer word (sal nie die rekonsiliasieproses affekteer nie)

Vooruitgedateerde tjeks uitgereik

Teken op in Bankversoeningstaat as uitstaande

Krediteure Rekonsiliasie  Weet waarom die saldo in die Krediteurekontrolerekening dieselfde soos die totaal van die Krediteurelys moet wees  Weet waarom die rekening van die krediteure in die Krediteure Grootboek moet ooreenstem met die staat ontvang vanaf die krediteur KEN DIE SIKLUS VAN KREDITEURE Bron dokumente met betrekking tot krediteure   

Faktuur (op krediet gekoop) Debietnota (goods returned to a creditor) Tjek (betaal rekening)

Joernale van toepassing op krediteure KJ ; KAJ ; KBJ; AJ Interne beheer A] Besluite rakende:  kan verskaffer goedere gereeld voorsien  staan verskaffer handelskorting toe  betalingstermyn  staan verskaffer kontantkortings toe

Rekeningkunde

Telematiese onderrig: Graad 11 2016 5

B] Alle items ontvang:  kontrolleer goedere ontvang teen faktuur waneer dit afgelewer word  kontrolleer dat geen goedere beskadig is nie. Indien beskadig stuur goedere terug aan verskaffer met ‘n debietnota  indien probleme gereeld voorkom, vind ander verskaffer Bankversoening vraag: Aktiwiteit 1

Jy word voorsien van inligting met betrekking tot Glamour Winkels, wat parfuum en skoonheidmiddels verkoop GEVRA: 1.1

Waarom berei ‘n besigheid elke maand ‘n bankversoeningstaat voor?

1.2

Bereken die korrekte totale vir die Kontantontvangstejoernaal en die Kontantbetalingsjoernaal vir Mei 2016. Gebruik die formaat in die antwoordeboek. (12)

13

Bereken die Banksaldo op 31 Mei 2016. Sê of die saldo gunstig of ongunstig is.

(5)

1.4

Stel die Bankversoeningstaat op 31 Mei 2016 op.

(10)

1.5

Verwys na Inligting C hieronder.

(2)

Die vaste deposito van R132 000 verval volgende maand. Die eienaar van die onderneming is nie seker of hy die geld weer moet belê nie. Watter raad sal jy aan die eienaar in hierdie verband gee? Haal gepaste syfers aan om jou antwoord te staaf. 1.6

Verwys na Inligting D hieronder.  Verduidelik waarom die eienaar bekommerd behoort te wees oor die uitstaande deposito van R28 410.  Verduidelik hoe tjek Nr. 574 hanteer moet word wanneer die finansiële state op 31 Mei 2016 opgestel word. Gee ’n rede vir jou antwoord.

INLIGTING: A.

B.

(3)

Die volgende items het in die Bankversoeningstaat op 30 April 2016 verskyn.  Gunstige saldo in die grootboek van Glamour Winkels, R8 855  Gunstige saldo op die bankstaat, R17 563  Uitstaande deposito (30 April 2012). R16 800  Uitstaande tjeks:  Nr. 361 (gedateer 5 November 2015), R7 000  Nr. 419 (gedateer 12 April 2016) R12 400  Nr. 443 (gedateer 15 Mei 2016), R6 100 LW: Tjeks Nr. 361 en 419 het nie op die Mei Bankstaat verskyn nie. Die voorlopige totale in die joernale op 31 Mei 2016 was:  Kontantontvangstejoernaal: R98 840  Kontantbetalingsjoernaal : R147 450

(7)

Rekeningkunde

Telematiese onderrig: Graad 11 2016 6

C.

Die volgende items het op die Bankstaat verskyn maar nie in die joernale vir Mei 2016 nie:     

 D.

Bankkoste, R730 Direkte deposito deur ‘n debiteur, R. Kelly, R3 350 Geweierde tjek op 30 Mei, oorspronklik van ‘n debiteur, M Money, ontvang, R8 600. Rente op vaste deposito vir Mei R1 100 Rente op oortrokke bankrekening vir Mei R1 020 Stoporder ten gunste van BeSafe Versekering, R920

Die volgende verskille het voorgekom:   

 Aktiwiteit 2

‘n Deposito van R16 800 het op die Bankstaat van Mei 2016 verskyn. Die volgende tjeks het in die KBJ vir Mei verskyn maar nie op die Bankstaat nie:  Nr. 554 (gedateer 22 Mei 2016), R3 920  Nr. 574 (gedateer 30 Augustus 2016), R3 440 Tjek nr 465 vir Skryfbehoeftes verskyn in die KBJ as R2 580, maar op die Mei Bankstaat het dit as R2 850 verskyn. Die Bankstaat is korrek. ‘n Deposito van R28 410, gedateer 18 Mei 2016, het in die Mei KOJ verskyn, maar nie op die Mei Bankstaat nie. Krediteurerekonsiliasie

Drake Handelaars koop goedere op krediet van Cupid Groothandelaars. ‘n Staat van Cupid Groothandelaars ontvang op 30 Junie 2016 toon dat Drake Handelaars hulle R34 020 skuld. Volgens Drake Handelaars is die bedrag uitstaande slegs R23 730.

GEVRA: Gebruik die tabel in die ANTWOORDEBOEK om die verskille aan te dui wat ontdek is toe die rekening in die Krediteuregrootboek vergelyk is met die staat ontvang van Cupid Groothandelaars. Skryf slegs die bedrae in die gepaste kolom en ‘n plus (+) of minus (-) teken om ‘n toename of afname in die saldo aan te dui. Bereken die korrekte saldo /totaal aan die einde. 1.

Die tjek ter vereffening van die Mei rekening was nie deur Cupid Groothandelaars binne 7 dae ontvang nie. Die korting van R1 500 wat deur Drake Handelaars in die Krediteuregrootboek opgeteken is moet gekanselleer word.

2.

‘n Tjek vir R9 000 wat deur Drake Handelaars uitgereik is, is nog nie in die staat van Cupid Groothandelaars opgeteken nie.

3.

‘n Faktuur vir R4 500 van Cupid Groothandelaars ontvang is foutiewelik as ‘n kredietnota deur Drake Handelaars opgeteken.

4.

Terugsendings wat as R2 700 in die Krediteuregrootboek van Drake Handelaars opgeteken is, is as R3 000 in die staat van Cupid Groothandelaars opgeteken. Drake Handelaars het die kosprys van die goedere terugversend verkeerd bereken.

5.

‘n Faktuur van Cupid Groothandelaars ontvang is korrek deur Drake Handelaars as R9 900 opgeteken. Dit is foutiewelik as R990 in the staat van Cupid Groothandelaars opgeteken.

(11)

Rekeningkunde

Telematiese onderrig: Graad 11 2016 7

II.

VASTE BATES     

Doel van ‘n vastebate register Berekening van waardevermindering (kosprys / verminderde-saldo-metode) Verkoop van ‘n vaste bate (op krediet / kontant / ingeruil) aan begin, gedurende of einde van finansiële jaar Bateverkoperekening Formaat van Vaste/Tasbare Bate Nota BATEVERKOPE Toerusting / Voertuie (Kosprys)

Wins met verkoop van bate (indien verkoop vir meer as drawaarde)

Opgehoopte waardevermindering op toerusting / voertuie (Oordrag van totale waardevermindering op bate verkoop) Bank / Debiteurekontrole / Krediteurekontrole (verkope) Verlies met verkoop van bate (indien verkoop vir minder as drawaarde)

FORMAAT VAN VASTE /TASBARE BATE NOTA VASTE BATES Drawaarde aan die begin van die jaar Kosprys Opgehoopte waardevermindering

Bewegings Byvoegings Verkope teen drawaarde Waardevermindering

Drawaarde aan die einde van die jaar Kosprys Opgehoopte waardevermindering

Grond en geboue

Toerusting

Rekeningkunde

Telematiese onderrig: Graad 11 2016 8

Aktiwiteit 3: Vraag oor Vaste Bates

Jy word voorsien van inligting met betrekking tot Forever Handelaars. GEVRA: 3.1

Vaste Bate Register Wat is ‘n Vaste Bate Register? Waarom is dit belangrik dat ‘n besigheid ‘n Vaste Bate Register hou?

(4)

3.2

Bereken die waardevermindering op toerusting vir die jaar.

(12)

3.3

Voltooi die Nota vir Vaste Bates tot die finansiële state op 29 Februarie 2016. Sommige van die syfers is reeds vir jou ingeskryf. ‘n Totaalkolom word NIE gevra NIE.

(21)

3.4

Stel die Bateverkope rekening op.

(12)

3.5

Die eienaar is bekommerd oor die interne beheer oor die vaste bates van die besigheid. Stel DRIE interne beheer maatreëls voor wat geimplimenteer kan word.

(6)

INLIGTING: A.

Die volgende saldo’s verskyn in die algemene grootboek aan die einde van die finansiële jaar, 29 Februarie 2016: Vaste Bate

Grond en geboue Toerusting

Kosprys 29 Feb 2016 1 230 000 615 000

Opgehoopte waardevermindering 1 Maart 2015 180 000

B.

Grond en geboue: Op 31 Augustus 2015 is R120 000 aan Quality Bouers betaal vir die volgende:  ‘n Nuwe kantoor R93 000  Herstelwerk aan die stoor, R27 000 Die Grond en geboue-rekening is met die volle bedrag gedebiteer.

C.

Toerusting:  Op1 Desember 2015 is verouderde toerusting ingeruil. Die kosprys van die toerusting was R60 000 en die opgehoopte waardevermindering het R42 000 op 1 Maart 2015 beloop. Die inruilprys van R22 000 was aanvaar en die kosprys van die nuwe toerusting was R90 000. Dit is korrek opgeteken.  Waardevermindering op toerusting word teen 20 % p.j. op die verminderde-saldo-metode bereken.

Rekeningkunde

Telematiese onderrig: Graad 11 2016 9

III.    

VENNOOTSKAPPE Ken die begrippe uniek aan vennootskappe (Rente op kapitaal; Bonus aan vennote; Verdeling van winste) Algemene Grootboek: (Kapitaal rekeninge; Privaatrekeninge; Verdelingsrekening) Aansuiwerings; Inkomstestaat; Balansstaat met Notas Ontleding en vertolking van finansiële state

FORMAAT VAN INKOMSTESTAAT Verkope Koste van verkope

(

)

(

)

(

)

Bruto wins Ander bedryfsinkomste

Bruto bedryfsinkomste Bedryfsuitgawes

Bedryfswins Rente inkomste Wins voor rente uitgawes /Finansieringskoste Rente uitgawe Netto wins PRIVAATREKENINGE NOTA Vennoot A Netto wins soos per Inkomstestaat Salarisse aan vennote Rente op kapitaal Bonuse aan vennote Primêre verdeling van wins Finale verdeling van wins Onttrekkings vir die jaar Behoue inkomste vir die jaar Saldo aan die begin van die jaar Saldo aan die einde van die jaar

Vennoot B

Totaal

Rekeningkunde

Telematiese onderrig: Graad 11 2016 10

FORMAAT VAN BALANSSTAAT BATES NIE-BEDRYFSBATES Vaste/Tasbare bates (drawaarde) Finansiële bates

BEDRYFSBATES Voorrade Handels- en ander ontvangbare bedrae Kontant en kontantekwivalente

TOTALE BATES

EKWITEIT EN LASTE EIENAARSBELANG Kapitaal Privaatrekeninge

NIE-BEDRYFSLASTE Lening

BEDRYFSLASTE Handels- en ander betaalbare bedrae Oortrokke Bank Korttermyngedeelte van lening

TOTALE EKWITEIT EN LASTE

Rekeningkunde

Telematiese onderrig: Graad 11 2016 11

Ontleding en vertolking van finansiële state   1.

Weet hoe om finansiële aanwysers te bereken Weet hoe om finansiële aanwysers te vertolk Winsgewendheid

Hoe doeltreffend is die besigheid met sy gewone bedryfsaktiwiteite

Finansiële aanwysers: * % Bruto wins op verkope * % Netto wins op verkope * % Bedryfsuitgawes op verkope

* % Bedryfswins op verkope * % Bruto wins op koste van verkope Winsopslag)

ANTWOORDE MOET IN % GETOON WORD INKOMSTESTAAT 2.

Likiditeit

ALLE BEDRA KOM UIT DIE

Vermoë van besigheid om korttermyn of onmiddellike skulde te kan betaal.

Finansiële aanwysers: * Bedryfsverhouding (Verhouding x : 1) * Vuurproefverhouding (Verhouding x : 1) * Netto bedryfsbates (Rand) * Voorraadomsetsnelheid (Keer per jaar) 3.

4.

Solvensie

* Debiteure-invorderingstermyn (Dae) * Krediteurebetalingstermyn (Dae) * Gemiddelde tydperk van voorraad voorhande (Dae)

Vermoë van besigheid om totale skuld te kan vereffen

Finansiële aanwyser:

* Totale bates : Totale laste

Risiko en hefboom

Tot watter mate word die besigheid deur lenings gefinansier in vergelyking met kapitaal.

Finansiële aanwysers:

* Skuld-ekwiteit-verhouding (hoe laer die verhouding, hoe laer die risiko)

*Opbrengs op Totale kapitaal aangewend Indien OOTKA hoër is as die rentekoers op lenings, is die besigheid positief gerat Indien OOTKA laer is as die rentekoers op lenings, is die besigheid negatief gerat 5.

Opbrengs

Verdien die vennote ‘n regverdige bedrag op hulle belegging?

Finansiële aanwysers:

Aktiwiteit 4:

*Opbrengs op gemiddelde eienaarsbelang (%) *Opbrengs deur elke vennoot verdien

Vraag oor Vennootskappe:

Jy word voorsien van inligting met betrekking tot Bright Spark Handelaars op 29 Februarie 2016. Me Bright en Mnr Spark is die eienaars van die onderneming. Die onderneming herstel en verkoop fietse GEVRA 4.1

Stel die Inkomstestaat vir die jaar geëindig 29 Februarie 2016 op.

(50)

4.2

Stel die Verdelingsrekening op.

(15)

4.3

Voltooi die Nota vir Kapitaal.

(10)

Rekeningkunde

Telematiese onderrig: Graad 11 2016 12

INLIGTING BRIGHTSPARK HANDELAARS: VOOR-AANSUIWERINGSPROEFBALANS OP 29 FEBRUARIE 2016 Balansstaatafdeling Kapitaal: Bright Kapitaal: Spark Privaatrekening: Bright (1 Maart 2015) Privaatrekening: Spark (1 Maart 2015) Onttrekkings: Bright Onttrekkings: Spark Bank Voertuie teen kosprys Opgehoopte waardevermindering op voertuie Toerusting teen kosprys Opgehoopte waardevermindering op toerusting Lening: Nippy Finansiers Handelsvoorraad Debiteurekontrole Voorsiening vir oninbare skulde Wisselgeld Kleinkas Krediteurekontrole SAID (LBS) Mediese fonds Werkloosheidversekeringsfonds Nominale rekeninge afdeling Verkope Koste van verkope Debiteure-afslag Fooi-inkomste Huur uitgawe Salarisse en lone Werkgewers se bydrae tot WVF en mediese fonds Bankkoste Oninbare skulde Elektrisiteit en water Skryfbehoeftes en drukwerk Versekering Telefoon Verbruiksgoedere Rente inkomste (op tjekrekening) Diverse uitgawes

Debiet

Krediet 900 000 600 000

63 000 76 500 270 000 270 000 99 243 999 000 249 550 345 000 142 500 315 000 1 015 000 382 500 24 000 4 500 3 000 273 100 28 950 9 900 1 200 4 590 000 2 700 000 765 000 1 327 500 135 600 947 500 118 500 42 000 8 100 25 500 26 550 42 900 28 950 198 000 1 650 50 007 8 539 850

8 539 850

Rekeningkunde

Telematiese onderrig: Graad 11 2016 13

AANSUIWERINGS EN ADDISIONELE INLIGTING 1.

Die telefoonrekening vir Februarie is nog nie betaal nie, R2 600.

2.

Die huur is tot 30 April 2016 betaal. Die huur is met R1 350 op 1 Januarie 2016 verhoog.

3.

Tydens ‘n inbraak in Februarie is die volgende gesteel:  Fietse ter waarde van R90 000  Verbruiksgoedere van R4 500 Die versekeringsmaatskappy het onderneem om 80% van die verlies uit te betaal maar die geld is nog nie ontvang nie.

4.

’n Fisiese opname het die volgende voorraad voorhande getoon:  Handelsvoorraad, R880 000  Verbruiksgoedere, R21 300

5.

‘n Debiteur wat R6 000 skuld, is as insolvent verklaar. Sy skuld moet as oninbaar afgeskryf word.

6.

Die voorsiening vir oninbare skulde moet tot 5% van handelsdebiteure aangesuiwer word.

7.

Waardevermindering op voertuie moet teen 20% p.j. op die kosprys bereken word.

8.

Nuwe toerusting met ‘n kosprys van R81 000 is op 1 Januarie 2016 aangekoop. Hierdie is korrek opgeteken. Waardevermindering op toerusting moet teen 10% p.j. op die verminderde saldo metode bereken word.

9.

Die leningstaat van Nippy Finansiers ontvang toon die volgende:  Saldo op 1 Maart 2015  Rente gekapitaliseer  Terugbetalings gedurende die jaar insluitende rente  Saldo op 29 Februarie 2016

10.

R426 000 ? R111 000 R359 100

Een werknemer is foutiewelik uit die salarisjoernaal weggelaat. Hy is nog nie betaal nie en sy besonderhede is soos volg: Bruto salaris

Aftrekkings LBS

R9 300

R1 527

Mediese fonds R1 200

Netto salaris WVF R82

R6 491

Die onderneming dra op ‘n Rand-vir-Rand basis by tot die Mediese fonds en die WVF 11.

Die vennootskapsooreenkoms maak voorsiening vir die volgende:   

 

Bright ontvang ‘n salaris van R12 000 per maand Spark ontvang ‘n salaris van R10 000 per maand Rente op kapitaal word bereken teen 10% p.j. LW: Die Kapitaalrekeninge van die vennote toon die volgende:  Bright het haar kapitaalbydrae in die middel van die jaar met R120 000 verhoog.  Spark het sy kapitaalbydrae met R75 000 op die laaste dag van die finansiële jaar verminder. Dit is korrek opgeteken. Spark ontvang ‘n bonus van R15 000 gedurende die jaar Die oorblywende wins of verlies moet gelykop tussen die vennote verdeel word.

Rekeningkunde

Telematiese onderrig: Graad 11 2016 14

Aktiwiteit 5 Jy word verskaf van inligting met betrekking tot Twisty Tweaks Handelaar vir die finansiële jaar geëindig 29 Februarie 2016. Tim Twisty en Fred Tweaks is die eienaars van die vennootskap. GEVRA: 5.1

Stel die Balansstaat op 29 Februarie 2016 op. Toon bewerkings in hakies waar notas nie gevra word nie.

5.2

Stel notas op vir:  Vaste / Tasbare Bates  Kapitaal  Privaatrekeninge

INLIGTING: A.

Die volgende saldos verskyn in die grootboek op 29 Februarie 2016: Kapitaal: Twisty Kapitaal: Tweaks Privaatrekening: Twisty (1 Maart 2015) Privaatrekening: Tweaks (1 Maart 2015) Onttrekkings: Twisty Onttrekkings: Tweaks Wisselgeld Oortrokke Bank Lening van Twisty (sal in 2018 terugbetaal word) Toerusting Opgehoopte waardeverminding op toerusting Grond en geboue Verbandlening: Best Bank Vaste deposito: Better Bank Spaarrekening Debiteurekontrole Voorsiening vir oninbare skulde Krediteurekontrole Handelsvoorraad Inkomste ontvangbaar Uitgawes betaalbaar Vooruitbetaalde uitgawes Inkomste vooruitontvang Verbruiksgoedere voorhande

Kt. Dt.

640 000 480 000 60 800 19 200 88 000 160 000 9 600 81 808 240 000 432 000 168 000 918 240 288 000 88 000 56 000 72 800 11 200 132 000 624 000 18 400 5 600 12 000 7 200 11 200

B.

Aansuiwerings en addisionele inligting:

B1

Rente op die verbandlening vir Februarie 2016 is nog nie opgeteken nie. Hierdie rente is gekapitaliseer teen ‘n koers van 15% p.j. Dit word verwag dat die verbandlening met R33 600 in die volgende finansiële tydperk sal verminder.

Rekeningkunde

Telematiese onderrig: Graad 11 2016 15

B2

Die volgende items verskyn op die bankstaat vir Februarie 2016 maar is nog nie geboekstaaf nie:  Geweierde tjek van ‘n debiteur, R6 400  Bankkoste, R624  Rente op oortrokke bank. R1 088  Direkte oordrag vir huur van ‘n huurder, R8 800

B3

Die voorsiening vir oninbare skulde moet met R720 verminder word.

B4

50% van die vaste deposito verval in Julie 2016. Die res verval in 2018.

B5

Twintig verouderde voorraaditems sal vir laer as die kosprys van R6 400 verkoop moet word. Die vennote is van mening dat hulle hierdie items teen R2 560 elk sal verkoop.

B6

Die winkel perseel is uitgebrei teen ‘n bedrag van R128 000. Dit was in Julie 2015 betaal en geboekstaaf. Die boekhouer het foutiewelik die Herstelwerk rekening in die Algemene Grootboek gedebiteer.

B7

‘n Vooruitgedateerde tjek vir R26 400 aan ‘n krediteur uitgereik is in die KBJ op 10 Februarie 2016 opgeteken. Hierdie tjek is betaalbaar op 10 April 2016.

B8

Toerusting:  Waardevermindering moet teen 10% p.j. on die kosprys afgeskryf word.  Ongebruikte toerusting was teen boekwaarde geskrap op 30 November 2015. Die kosprys was R57 600 en die opgehoopte waardevermindering aan die begin van die finansiële jaar was R32 000. Geen inskrywing is gemaak nie.

C.

Die vennootskapsooreenkoms maak voorsiening vir die volgende:  Salaris aan Twisty, R16 000 per maand. Twisty se salaris is 25% meer as dit van Tweaks.  Twisty ontvang ‘n bonus van R64 000 vir die jaar vir ekstra tyd gewerk.  Rente op kapitaal word bereken teen 8% p.j. Neem kennis dat die grootboek toon dat Twisty op 31 August 2015 sy kapitaal met R80 000 vermeerder het, terwyl Tweaks sy kapitaal met R160 000 op die eerste dag van die finansiële jaar verminder het.  Tweaks se deel van die oorblywende verlies is R40 800. Oorblywende winste/verliese moet in die verhouding 5:3 tussen Twisty en Tweaks verdeel word.

Aktiwiteit 6: Basiese vrae wat deur lesers van die finansiële state gevra word Die finansiële aanwysers wat jy moet kan bereken, beantwoord sekere vrae rakende die finansiële state van ‘n besigheid. Daar is 5 vrae wat lesers vra. Koppel die vrae in Kolom B met die kategorie in Kolom A. Skryf die korrekte vraag langs die kategorie in Kolom A. Kolom A 6.1 Winsgewendheid 6.2 Solvensie 6.3 Likiditeit

A B C D

6.4 Opbrengs

6.5

Finansiële risiko / hefboom

E

Kolom B Kan die onderneming sy huidige of onmiddellike skulde met gemak terugbetaal? Verdien die eienaars (vennote) ‘n goeie opbrengs op hul belegging? Tot watter mate word die onderneming deur lenings in vergelyking tot eie kapitaal gefinansier? Is die onderneming effektief in sy normale bedryfsaktiwiteite, met ander woorde, is hulle in staat om ‘n wins te maak en hoe goed beheer hulle hul uitgawes? Kan die onderneming al sy skulde met gemak terugbetaal?

Rekeningkunde

Telematiese onderrig: Graad 11 2016 16

Aktiwiteit 7: Finansiële aanwysers Jy moet die volgende finansiële aanwysers kan bereken en vertolk. Jy hoef dit INIE te memoriseer nie aangesien die berekening van die finansiële aanwyser gelees/afgelei kan word. Dit is meer belangrik om te verstaan wat die finansiële aanwysers jou van die besigheid vertel. Kategorie

Finansiële aanwyser % Bruto wins op verkope (omset) % Bruto wins op koste van verkope (winsopslag %)

Winsgewendheid & bedryfsdoeltreffendheid

% Bedryfsuitgawes op verkope (omset) % Bedryfswins op verkope (omset) % Netto wins op verkope (omset) Netto Bates

Solvensie Solvensie verhouding

Netto bedryfsbates of netto bedryfskapitaal Bedryfsverhouding Vuurproefverhouding Likiditeit

Voorraadomsetsnelheid Periode waarvoor genoeg voorraad voorhande is Debiteure-invorderingstermyn Krediteurebetalingstermyn

Risiko / Hefboom

Skuld-ekwiteit-verhouding % Opbrengs op gemiddelde eienaarsbelangs

Opbrengs % Opbrengs deur elke vennoot verdien

Hoe om te bereken

Rekeningkunde

Telematiese onderrig: Graad 11 2016 17

Aktiwiteit 8: Jy word voorsien van inligting met betrekking tot Incredible & Trendy, ‘n klerewinkel, op 30 Junie 2016. Mnr Incredible en Mev Trendy is die eienaars van die Vennootskap. 8.1

Bereken die volgende finansiële aanwysers op 30 Junie 2016. 8.1.1 8.1.2 8.1.3 8.1.4

8.2

8.3

8.4 8.5

Bedryfsuitgawes op omset Vuurproefverhouding % Opbrengs op gemiddelde eienaarsbelang Voorraadomsetsnelheid

(3) (4) (8) (5)

Lewer kommentaar op die likiditeitsposisie vir 2016. Haal DRIE relevante finansiële aanwysers aan (werklike verhoudings of syfers) om jou antwoord te staaf.

(8)

Die eienaars is ontevrede met die snelheid waarteen voorraad verkoop word. Verduidelik waarom hulle so voel deur ‘n relevante finansiële aanwyser aan te haal, om jou verduideliking te staaf.

(4)

Bespreek DRIE redes waarom ‘n besigheid nie te veel voorraad moet aanhou nie.

(6)

Sal die eienaars van hierdie onderneming tevrede wees met die opbrengs op ekwiteit? Verduideliking deur ‘n finansiële aanwyser aan te haal om jou mening te staaf.

(4)

INLIGTING A. Uittreksel uit die Na-aansuiweringsproefbalans Kapitaal: Incredible Kapitaal: Trendy Privaatrekening: Incredible Privaatrekening: Trendy Handelsvoorraad Debiteurekontrole Bank Krediteurekontrole Oortrokke Bank B. Uittreksel uit Inkomstestate Verkope Koste van verkope Bruto wins Bedryfsuitgawes Netto wins Finansiële aanwysers Netto wins op verkope Bedryfsuitgawes op omset Bedryfsverhouding Vuurproefverhouding Voorraadomsetsnelheid Debiteure-invorderingsperiode % Opbrengs op gemiddelde eienaarsbelang

2016 600 000 360 000 92 100 (24 000) 320 000 84 000 144 000 240 000 2016 1 800 000 720 000 1 080 000 648 000 432 000 2016 24% ? 1,1 : 1 ? ? 48,7 dae ?

2015 700 000 360 000 72 000 (11 400) 300 000 60 000 72 000 114 000 2015 1 620 000 720 000 900 000 480 000 420 000 2015 25,9% 29,6% 3,4 : 1 1,2 : 1 3,9 keer 40 dae 44%

Rekeningkunde

Telematiese onderrig: Graad 11 2016 18

IV.

NIE-WINSGEWENDE ORGANISASIES (KLUBS)      

Wat is ‘n nie-winsgewende organisasie? Voorbeelde van nie-winsgewende organisasies Verskil tussen ‘n uitgawe en ‘n betaling Verskil tussen ‘n inkomste en ‘n ontvangste Algemene Grootboekrekeninge, bv. Ledegelde, Verversings, Voorraadrekeninge (bv. Baatjies of dasse) Formaat van ‘n Staat van Ontvangste en Betalings

Aktiwiteit 9: Vraag oor Klubs

Die volgende inligting is uit die rekeningkundige rekords van Golden Valley Sportklub op 30 Junie 2016, the laaste dag van die finansiële jaar, geneem. GEVRA: 9.1 In KOLOM A word begrippe met betrekking tot nie-winsgewende organisasies gelys en verduidelikings in KOLOM B. Kies ‘n verduideliking uit KOLOM B wat by ‘n begrip in KOLOM A pas. Skryf slegs die leter (A-D) langs die vraagnommer in die ANTWOORDEBOEK.

9.1.1

KOLOM A Ledegeld

A

KOLOM B Geld wat aan die sekretaris of tesourier van ‘n klub gegee word as ‘n aandenking van waardering.

9.1.2

Affiliasiefooie

B.

‘n Eenmalige bedrag wat ‘lid betaal wanneer hy by ‘n klub aansluit.

9.1.3

Honorarium

C.

Die geld wat ‘n klub aan ‘n ander organisasie betaal om aan toernooie of kompetisies te kan deelneem.

9.1.4

Intreegelde

D.

Die jaarlikse fooie wat elke lid betaal om aan die klub te behoort.

(8)

9.2 Stel die Staat van Ontvangste en Betalings vir die jaar geëindig 30 Junie 2016 op.

(24)

9.3 Bereken die wins wat by die jaarlikse dans gemaak is.

(4)

9.4 Die ledegeld is R2 000 per lid per jaar, terwyl die intreegeld wat nuwe lede moet betaal R5 000 per lid is. Bereken die volgende: 9.4.1 Hoeveel nuwe lede het by die klub in 2016 aangesluit?

(2)

9.4.2 Hoeveel lede het hulle 2017 ledegeld gedurende 2016 betaal?

(2)

Rekeningkunde

Telematiese onderrig: Graad 11 2016 19

INLIGTING Die volgende inligting is uit die Algemene Grootboek op 30 Junie 2016 geneem: Kontant in die bankrekening (1 Julie 2015) Ledegeld gedurende die jaar ontvang: 2015 2016 2017 Intreegelde ontvang Donasies ontvang: kontant Kontantverkope van jaarlikse danskaartjies Jaarlikse dans uitgawes per tjek betaal Krediteure per tjek betaal Bankkoste Kantoorstoel as ‘n donasie ontvang Honorarium Betaal vir huur van muurbalbane Rekenaar gekoop maar nog nie betaal nie Verversings vir kontant aangekoop Verversings aan plaaslike skool geskenk Huur betaal Telefoon per tjek betaal Terugbetaling van lening per tjek Kontantverkope van ou muurbal balle Herstelwerk en onderhoudskoste per tjek betaal Verkoop van verversings vir kontant Skryfbehoeftes vir kontant aangekoop Muurbal balle op krediet gekoop Muurbal balle vir kontant gekoop Lone betaal

R

65 780 10 000 160 000 16 000 50 000 5 220 69 000 26 400 3 600 4 450 2 800 8 000 12 000 55 000 38 850 1 800 24 000 14 560 15 000 560 7 200 49 200 3 300 2 500 3 600 84 600

Addisionele inligting: 1. Die waarde van verversings voorhande is as volg:  Op 30 Junie 2016 – R4 500  Op 30 Junie 2015 – R3 300 2. Sommige lede het kaartjies vir die dans verkoop maar het nog nie die geld aan die tesourier oorhandig nie. Die totale bedrag uitstaande is R7 120.

Rekeningkunde

Telematiese onderrig: Graad 11 2016 20

V.

VERVAARDIGING

Begrippe: Direkte arbeidskoste Direkte materiaalkoste Fabrieksbokoste Administrasiekoste

Koste berekeninge:

Klaarprodukte voorraad Indirekte materiaal Indirekte arbeid Verkoops- & Verspreidingskoste

Eenheidskoste =

Goedere-in-bewerking Vaste koste Veranderlike koste

Totale koste Aantal eenhede vervaardig

VASTE KOSTE = FBK + AK VERANDERLIKE KOSTE = DMK + DAK + V & VK Gelykbreekpunt: Totale vaste koste Verkoopsprys per eenheid – Veranderlike koste per eenheid Kommentaar 

Eienaar sal tevrede wees indien die besigheid meer as die gelykbreekpunt vervaardig



Eienaar sal ontevrede wees indien die besigheid minder as die gelykbreekpunt vervaardig 

Indien DMK per eenheid toegeneem het van verlede jaar: *vind ander verskaffer *lei werkers op om vermorsing te voorkom *koop in grootmaat om van kortings gebruik te maak



Indien DAK per eenheid toegeneem het van verlede jaar: *verminder oortydsure *werkers is onproduktief (verbeter monitering of toesighouding)



Indien FBK per eenheid toegeneem het van verlede jaar: *kan as gevolg van huur of waardevermindering of enige ander fabrieksbokoste wees *vermeerder produksievlakke om koste per eenheid te verminder aangesien dit ‘n vaste koste is

Algemene Grootboek rekeninge  Voorraadrekeninge  Koste rekeninge

(Grondstowwe, Goedere-in-Bewerking, Klaarprodukte) (DMK, DAK FBK, AK, V & VK)

Vrae oor Vervaardiging Aktiwiteit 10 Grootboekrekeninge Jy word voorsien van inligting met betrekking tot Perfekte Plastiek Vervaardigers vir die jaar geëindig 29 Februarie 2016. Die besigheid gebruik ‘n winsopslag % van 80% op kosprys. GEVRA: Stel die volgende grootboekrekeninge op in die boeke van Perfekte Plastiek Vervaardigers vir die jaar geëindig 29 Februarie 2016:  Grondstofvoorraad  Goedere-in-Bewerking Voorraad  Klaarprodukte voorraad  Fabrieksbokoste

Rekeningkunde

Telematiese onderrig: Graad 11 2016 21

INLIGTING: A.

Saldos op 28/29 Februarie Grondstofvoorraad Goedere-in-bewerking voorraad Klaarprodukte voorraad Indirekte materiaalvoorraad (skoonmaakmiddels)

B.

2015 126 000 36 000 54 000 3 600

Transaksies gedurende die finansiële jaar Grondstowwe op krediet aangekoop Grondstowwe kontant aangekoop Vervoerkoste van grondstowwe betaal Grondstowwe aan fabriek uitgereik Lone aan skoonmaker betaal (sien inligting A) Lone aan fabriekwerkers betaal Salaris aan fabrieksvoorman betaal Salaris aan kantoorwerkers betaal Skoonmaakmiddels op krediet aangekoop (sien inligting A) Huur betaal (sien inligting B) Versekering (sien inligting B) Elektrisiteit en water (sien inligting C) Oninbare skulde afgeskryf Bankkoste Verkoope (alles op krediet) Administrasie uitgawes betaal Verkoopsvoertuig onderhoudskoste Selfoon uitgawes van verkoopspersoneel

C.

2016 50 400 ? 103 200 6 000

444 000 280 000 42 000 ? 50 400 396 000 180 000 100 800 45 600 518 400 432 000 37 200 93 600 10 800 3 456 000 12 000 36 000 14 400

Vaste bates: Kosprys (29 Feb 2016) Fabriekstoerusting Kantoor toerusting Verkoopsvoertuie

Opbehoopte waardevermindering (1 Maart 2015) 600 000 216 000 60 000 36 000 280 000 120 000

ADDISIONELE INLIGTING: A.

Die skoonmaker se loon en die skoonmaakmiddele moet in die verhouding 4 : 1 : 1 tussen die fabriek, kantoor en verkoopsafdelings toegeken word.

B.

Huur en versekering word volgens die vloeroppervlak verdeel:  Fabriek: 400 vierkante meter  Kantoor: 90 vierkante meter  Verkoopsafdeling: 110 vierkante meter

C.

Die elektrisiteit en water rekening vir Februarie, R4 800, is nog nie betaal nie. 5/7 van die elektrisiteit en water word aan die fabriek toegeken en die res gelykop tussen die kantoor en die verkoopsafdeling.

D.

Waardevermindering word soos volg afgeskryf:  Teen 25% p.j. op die kosprys van voertuie  Teen 20% p.j. op die verminderde-saldo-metode van toerusting

Rekeningkunde

Telematiese onderrig: Graad 11 2016 22

Aktiwiteit 11 Eenheidskoste Jy word verskaf van inligting met betrekking tot Royal Rugby Balle vir die jaar geëindig 29 Februarie 2016. Die besigheid vervaardig slegs een soort rugby bal. GEVRA: 11.1

Voltooi die tabel deur die ontbrekende syfers wat deur ‘n ‘#’ aangedui is, in te vul.

11.2

Gelykbreekpunt:  Bereken die gelykbreekpunt.  In 2015 was die gelykbreekpunt 4 275. Behoort die eienaar tevrede te wees met die produksie vlak van rugby balle in 2016? Verduidelik kortliks deur syfers aan te haal om jou mening te staaf.

11.3

Verduidelik aan die eienaar waarom administrasiekoste per eenheid en fabrieksbokoste per eenheid afgeneem het.

INLIGTING: A.

Die volgende is uit die rekeningkundige rekords geneem:

Veranderlike Veranderlike Vaste

# R465 300 # R1 313 415

2016 Eenheidskoste R77,50 # # #

Veranderlike

R246 750

R35,00

R32,40

Vaste

R238 290 #

R33,80 R260

R37,82 R285

Tipe koste Direkte materiaalkoste Direkte arbeidskoste Fabrieksbokoste Totale vervaardigingskoste Verkoops- & verspreidingskoste Administrasiekoste Verkope

2016 Totale koste

2015 Eenheidskoste R80,00 R52,00 R53,50 R185,50

B.

Die besigheid het 7 050 rugby balle gedurende die jaar geëindig 29 Februarie 2016 vervaardig en verkoop. Die verkoopsprys is R260 per bal. Gedurende 2015 is 6 300 rugby balle vervaardig en verkoop. Die verkoopsprys in 2015 was R285. Dit moes verminder word as gevolg van mededinging van ‘n nuwe vervaardiger.

C.

Daar was geen goedere-in-bewerking aan die begin of einde van die finansiële jaar nie.

Rekeningkunde

Telematiese onderrig: Graad 11 2016 23

VI.

BEGROTINGS         

Ken die verskil tussen ‘n Kontantbegroting en ‘n Geprojekteerde Inkomstestaat Doel van ‘n Kontantbegroting: Vooruitskatting van kontantinvloei en kontantuitvloei en kontantsaldos Doel van Geprojekteerde Inkomstestaat: Vooruitskatting van toekomstige uitgawes, inkomste en wins /verlies Items wat NIE in die Kontantbegroting sal verskyn nie: Waardevermindering, Oninbare skulde, Korting toegestaan, Korting ontvang, Koste van verkope, enige krediet items Items wat NIE in die Geprojekteerde Inkomstestaat sal verskyn nie: Kapitaal, Onttrekkings, Bates, Laste Ken die formaat van die Kontantbegroting Weet hoe om ‘n Debiteure-invorderingskedule op te stel (ontvangste van debiteure as gevolg van kredietverkope) Weet hoe om ‘n Krediteure-betalingskedule op stel (betalings aan krediteure as gevolg van kredietaankope). Hier is die berekening van kosprys, deur die winsopslag % te gebruik, belangrik. Ken die formaat van die Geprojekteerde Inkomstestaat (dieselfde as enige ander Inkomstestaat)

Aktiwiteit 12: Vraag oor Begrotings Manley Lett het sy onderneming, Lett Voorsieners, twee jaar gelede begin. Die besigheid koop, vervoer en verkoop boumateriaal op groot maat van groothandelaars en boukontrakteurs. Manley het voorheen as ‘n vragmotorbestuurder gewerk. Op die oog af gaan dit goed met die besigheid, maar nadat hy die laaste finansiële state ontvang het, was Manley nie meer so seker dat alles pluis is nie. Hy nader jou om daarna te kyk en kommentaar daaroor te lewer. GEVRA 12.1

Stel ‘n debiteure-invorderingskedule vir die begrote tydperk op.

12.2

Stel ‘n kontantbegroting vir Maart 2016 en April 2016 op.

12.3

Sal Lett Voorsieners binne die volgende twee maande van die nuwe finansiële jaar kontantvloeiprobleme ondervind? Verskaf ‘n rede vir jou antwoord.

12.4

Watter drie maatreëls kan die onderneming tref om kontantvloeiprobleme te verhoed?

INLIGTING 1.

Die volgende syfers uit die finansiële state vir die jaar geëindig 29 Februarie 2016 word aan jou voorgelê:

Verkope (60% op krediet) Koste van verkope Waardevermindering Brandstof Ander diverse uitgawes Voorrade Handelsdebiteure Bank (Dt) Handelskrediteure Lening: VDG Bank

2016 960 000 480 000 36 000 126 000 184 000 231 000 99 500 25 300 40 000 180 000

2015

199 000 86 500 18 700 35 000 240 000

Rekeningkunde

Telematiese onderrig: Graad 11 2016 24

2.

ADDISIONELE INLIGTING Manley het die volgende verwagtinge ten opsigte van die komende finansiële jaar met jou gedeel:

2.1

Die 100% winsopslag op kosprys sal gehandhaaf word. Voorsieners het met hom ooreengekom om nie binne die volgende drie maande pryse te verhoog nie.

2.2

Verkope en die diverse uitgawes word eweredig deur die jaar versprei.

2.3

Die verwagting is dat die volume verkope vir die jaar wat op 28 Februarie 2017 eindig met 12% sal toeneem. Hierdie toename word eweredig versprei vir die jaar. Kontantverkope sal na verwagting 40% van totale verkope beloop.

2.4

Daar word verwag dat 70% van die uitstaande debiteureskuld op 29 Februarie 2016 gedurende Maart 2016 betaal sal word en dat 27% gedurende April 2016 ingevorder sal word en die res as oninbaar afgeskryf sal word.

2.5

Invordering van debiteure is normaalweg as volg: 40% gedurende die maand waarin die transaksie plaasgevind het 45% na 30 dae 12% na 60 dae Die res is oninbaar en word afgeskryf.

2.6

Alle voorraad word op krediet aangekoop. Wanneer die voorraad verkoop word, word dit in dieselfde maand vervang. Krediteure word binne 30 dae na die aankope betaal. Geen ander items word op krediet aangekoop nie.

2.7

Volgens die leningooreenkoms moet R50 000 op 31 Maart 2016 op die lening terugbetaal word.

2.8

Volgens verwagtinge sal die brandstofkoste gemiddeld met 10% vir die kwartaal 1 Maart tot 31 Mei en diverse uitgawes met 5% per jaar styg.

2.9

Die onderneming het met FLC Bpk. ooreengekom om op 1 April 2016 ‘n tweedehandse vurkhyser by hulle vir R70 000 kontant aan te koop. Die vurkhyser se waardevermindering beloop 20% p.j.

2.10

Lett Voorsieners het ‘n ooreenkoms met Arcade BK aangegaan om ‘n deel van die pakhuis vanaf 1 Maart 2006 aan hulle te verhuur teen R5 000 per maand.

2.11

Bonusse van R55 000 sal in Maart betaal word.

Telematics Grade 11 materials 2016 Afrikaans.pdf

Loading… Whoops! There was a problem loading more pages. Whoops! There was a problem previewing this document. Retrying... Download. Connect more apps... Try one of the apps below to open or edit this item. Main menu. There was a problem previewing this document.

591KB Sizes 43 Downloads 200 Views

Recommend Documents

Summer Reading (Grade 11) 2016-17.pdf
Summer Reading 2016-17 Revised as of 5/15. Page 1 of 1. Summer Reading (Grade 11) 2016-17.pdf. Summer Reading (Grade 11) 2016-17.pdf. Open. Extract.

Telematics%20Technologies.pdf
Sign in. Loading… Whoops! There was a problem loading more pages. Retrying... Whoops! There was a problem previewing this document. Retrying... Download. Connect more apps... Try one of the apps below to open or edit this item. Telematics%20Technol

Summer Reading (Grade 11) 2016-17.pdf
Page 1 of 1. The Greatest Generation by Brokaw, Tom. The Boys in the Boat by Brown, Daniel James. Quiet by Cain, Susan. A Rumor of War by Caputo, Philip. We Were Here by De La Peña, Matt. American Assassin by Flynn, Vince. The Corrections by Franzen

Grade 11 Courses 2016-17.pdf
Grade 11 Courses 2016-17.pdf. Grade 11 Courses 2016-17.pdf. Open. Extract. Open with. Sign In. Main menu. Displaying Grade 11 Courses 2016-17.pdf.

2016-2017 course selection form - grade 11.pdf
PA10 A&B Year Aerospace Engineering wt I23 A&B Year IB Computer Science 1 wt. D93S Sem AP Comp Sci Principles 1 select D93 & D94 I60 A&B Year IB ...

telematics pdf
There was a problem previewing this document. Retrying... Download. Connect more apps... Try one of the apps below to open or edit this item. telematics pdf.

EU Telematics systems in operation
EudraLink, EudraMail, EudraNet, Eudra Common Directory. Data. Repositories. Procedure. Management. Collaboration. Master Data. Management. Access.

OBD Telematics Market.pdf
Page 1 of 5. Global OBD Telematics Market Current Trends, Size, Share, Industry. Analysis, Competitive Intelligence, Growth, Opportunities and Forecasts To. 2015. The Global OBD Telematics Industry Report 2015 is a professional and in-depth study on

EAE3E - Grade 11 Workplace Preparation.pdf
There was a problem previewing this document. Retrying... Download. Connect more apps... Try one of the apps below to open or edit this item. EAE3E - Grade ...

Grade 11 Course Selection Form.pdf
Page 1 of 2. Page 1 of 2. Page 2 of 2. Page 2 of 2. Grade 11 Course Selection Form.pdf. Grade 11 Course Selection Form.pdf. Open. Extract. Open with. Sign In.

UNOpenSource_GIS_Webinar-2016-11-11.pdf
Sign in. Loading… Page 1. Whoops! There was a problem loading more pages. Retrying... UNOpenSource_GIS_Webinar-2016-11-11.pdf.

EU Telematics Systems in operation
Data. Repositories. Research and. Development. Marketing. Authorisation. Post-authorisation ... CTS. eSubmission Gateway and eSubmission Portal · CESP.

Consumer Decision Materials Study Materials 2014-2016-1.pdf ...
Your body is an amazing machine, and food is the fuel. Choosing your. breakfast cereal wisely helps you put the best fuel in your body and will keep your body. running at its best. Page 3 of 84. Consumer Decision Materials Study Materials 2014-2016-1

Nominations to EU Telematics governance bodies - European ...
EU Telematics Management Board. 3 HMA. Karl Broich (Chair), Jean-Pierre Orand, Audun Haga. 3 EMA Management Board ... EU Network Data Board.

11-2016.PDF
srdilj ,gD9e-t-9r 9Il{ rlrlil.g. gicrljog. sf|rl!,grlfg5 'siqbl{c$;l{. *ry,r ffiN3;,&. s- . ... ct G-Fsos

2016-11-ShalomNewsletter.pdf
whatever their affiliation or level of religious ... first send along a list of titles and authors to the. librarians. To make ... Passes include all movies and reception.

2016-11-ShalomNewsletter.pdf
... BC V8P 4H2 250-477-7185 [email protected]. A Publication of the Jewish Community Centre of Victoria. November 2016. 2016 SCHEDULE (see vijff.ca for trailers and details). Saturday Nov 12 Sunday Nov 13 Monday Nov 14 Tuesday Nov 15. 6:30 - 8:45 6:30 -

2016-11-22_Appendix_B.pdf
Use of a monoamine oxidase inhibitor (MAOI) within 14 days (bupropion);. 9. Recent history of myocardial infarction (within 14 days), serious cardiac.

2016-11-22_Appendix_A.pdf
contraception and age-appropriate screening. (2) "Hormonal contraceptive patch" means a transdermal patch applied to the skin of a patient, by the patient or by ...

2016-11-19signednajicomplaint.pdf
organization, to wit: the Islamic State of Iraq and the Levant ("ISIL"), which at all ... primary name. ... announced a formal change of its name to Islamic State.

Telematics Enterprise Architecture Board - European Medicines Agency
... Telematics Enterprise Architecture Board is the information technology ... Re-use by all the interested parties of existing systems or services in any of the ...

Telematics governance model - European Medicines Agency
Network. • The EU TMB reports and advises on IT related topics to the EMA ... EU Network Data Board (EU NDB). Role: ... 7 Service Delivery Managers (5 EMA.

EU Telematics Management Board - European Medicines Agency
EU Telematics Management Board - European Medicines Agencyfeedproxy.google.com/~r/EmaUpdates/~3/UOZtMxO1_G4/open_document.jsp